Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 27

WOENSDAG 20 JANUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 11:1-9

Die goeie ou dae

Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel (11:5).

GESELSVRAAG: Wat was alles beter in die verlede?

“Die nasionale sport in Suid-Afrika is kla,” merk iemand op toe iemand weer gal afgaan oor hoe sleg dinge nou in ons land is. Ons vergeet geriefshalwe van die baie dinge wat wel verbeter het. Al die onluste en gewelddadige betogings wys ons dat nie net ons krities is nie. Eintlik is ons niks beter as die Israeliete in Moses se tyd nie.

Die fortuinsoekers wat saam met Israel getrek het, was die eerste om te kla (vgl. v. 4). Dit was hoogs aansteeklik. Dit was nie lank nie of die hele volk is opgesweep en vol kritiek teenoor die leiers en die Here. Die manna en die water wat die Here so wonderbaarlik voorsien het, was nie meer goed genoeg nie. Hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê. Nou begin hulle kieskeurig word. Hulle vertrou nie meer die Here nie, maar vergeet hoe sleg dit met hulle in Egipte gegaan het! Die gevolg was dat hulle op die ou end glad nie die beloofde land kon ingaan nie.

“Die geheim van geluk is dankbaarheid,” lees ek. Ons moet dus waak teen afguns en jaloesie. Vergeet van die weelde waarin ander leef. Sulke weelde kan jou uit die hemel hou (vgl. Matt 19:24).

GEBED: Here, vergewe my my selfsug. U weet wat vir my die beste is. Ek vertrou U ten volle.

Lees vanaand in Numeri 11:10-20 hoe selfs Moses wou tou opgooi en hoe die Here die verantwoordelikheid verdeel.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх