Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 36

VRYDAG 29 JANUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 15:22-31

Onopsetlike sondes

Dit kan gebeur dat julle onopsetlik sondig en nie handel volgens al die gebooie wat Ek, die Here, aan Moses gegee het nie (15:22).

GESELSVRAAG: Hoe kan ’n mens oortree sonder om dit te bedoel?

“My kinders kry net straf as hulle ongehoorsaam is. Wanneer hulle ’n fout maak, as hulle dit nie bedoel het nie, dan moet hulle daaruit leer. Straf is dan nie nodig nie,” verduidelik ’n wyse pa. Sy seuntjie het gedink dat hy sy pa kon help deur sy vulpen vir hom vol te maak. (Ja, dit was nog in die dae van vulpenne!) Ongelukkig het hy in die proses die inkpotjie oor sy pa se lessenaar omgekeer. Dit was ’n ramp, maar nie lyfstraf waardig nie. Pa het hom mos nie verbied om dit te doen nie. Dit was ’n onopsetlike sonde.

In hierdie hoofstuk maak die Here ook onderskeid tussen opsetlike en onopsetlike sondes. In vandag se Skrifdeel gaan dit oor onopsetlike sondes. Dit kan wees dat die Here iets aan Moses gesê het maar dat die volk nog nie daarvan gehoor het nie. Dan het die Here voorsiening gemaak dat hul sondes vergewe kan word. Bring bloot die offer wat hier voorgeskryf word.

In die nuwe bedeling ná Christus het die Here ook voorsiening gemaak dat elke sonde vergewe kan word. Ons moet net daardie sonde bely (vgl. 1 Joh 1:9). Nie een van ons kan onskuldig pleit nie (vgl. 1 Joh 1:8, 10). Al begaan ons ’n sonde sonder om dit te weet, is voorsiening ook daarvoor gemaak: die bloed van Christus reinig ons van alle sondes (vgl. 1 Joh 1:7).

GEBED: Dankie dat U vir al my sondes voorsiening gemaak het.

Lees vanaand in Numeri 15:32-36 hoe ernstig die hou van die Sabbat in daardie tyd was.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх