Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 28

DONDERDAG 21 JANUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 11:21-30

Toegeruste leiers

Ek sou wou wens dat die hele volk van die Here profete was, en dat Hy sy Gees op almal mag lê (11:29).

GESELSVRAAG: Watter soort leiers het ons nodig?

“Hy sê vir elke groep wat hy toespreek presies wat hulle graag wil hoor, al weerspreek hy homself daardeur,” merk iemand op oor ’n bekende politieke leier. “Volg my, ek is reg agter julle,” is blykbaar sy wekroep. Hy soek gewildheid, maar is nie beginselvas nie. Hy het nie ’n antwoord op die praktiese probleme van ons land nie. Hy self stel ook nie juis ’n goeie voorbeeld nie.

Moses het besef dat hy alleen nie die volk in daardie moeilike en onseker tyd kon lei nie. Die Here het dus vir hom 70 manne uit die verskillende stamme uitgesoek om hom by te staan en die verantwoordelikheid te help deel. Hulle sou die parlement van daardie tyd wees. Hoe bewerkstellig ’n mens egter eenheid in so ’n uiteenlopende groep mense? Die Here se antwoord was om al 70 met die Heilige Gees te vervul. Ons lees dat hulle geprofeteer het. Dit is nie duidelik presies wat dit beteken nie. Sommige verklaarders meen dat hulle in vreemde tale gepraat het, soos by die Pinkstergebeure in Handelinge 2.

As die Heilige Gees elke parlementslid vervul, sou ons ’n groot mate van eenheid ervaar. Daarom moet ons bid dat die Here sy regte plek ook in ons parlement sal inneem.

GEBED: Here, vervul en verander elke parlementslid deur u Gees. U weet mos wat vir ons land die beste is.

Lees vanaand in Numeri 11:31-35 hoe die Here die volk met oorvloedige vleis geseën en gestraf het.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх