Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 47

MAANDAG 8 FEBRUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 20:1-13

Gehoorsaamheid!

Omdat julle My nie erken het en My, die Heilige, nie voor die Israeliete gehoorsaam was nie, sal julle hierdie volk nie inlei in die land wat Ek aan hulle gee nie (20:12).

GESELSVRAAG: Wanneer was dit swaar om die Here te gehoorsaam?

“My probleem is nie met die dele van die Bybel wat ek nie verstaan nie; my probleem is die dele wat ek wel baie goed verstaan,” het die Amerikaanse skrywer Mark Twain geskryf. Ons verlang dikwels dat die Here duidelik met ons sal praat, maar vergeet dat Hy dan stiptelike gehoorsaamheid van ons verwag. Sy Tien Gebooie is nie maar net die Tien Wenke nie; Hy verwag gehoorsaamheid.

Te midde van die soveelste krisis gaan Moses en Aäron op hul knieë om die Here te vra wat om nou te doen. Die volk het dringend water nodig – en sommer baie ook. Die Here sê hulle moet met ’n sekere rots praat, en Hy sal dan die water bonatuurlik voorsien. Die sagmoedige Moses was egter op daardie oomblik so kwaad dat hy die rots twee maal met sy kierie slaan. Dit is verstaanbaar, maar dit het veroorsaak dat hy nie self die beloofde land kon binnegaan nie.

Dink ’n bietjie terug aan die afgelope week. Wat het jy gedoen – of nie gedoen nie – hoewel jy geweet het wat die regte ding was om te doen? Dit kan moontlik tot gevolg hê dat jy ’n wonderlike avontuur saam met die Here misgeloop het.

GEBED: Here, U ken my deur en deur. Vergewe my my ongehoorsaamheid en help my om hierdie week saam met U te geniet.

Lees vanaand in Numeri 20:14-21 hoe die afstammelinge van Esau geweier het om die afstammelinge van Jakob te help.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх