Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 56

WOENSDAG 17 FEBRUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 24:1-9

Hoor en sien vergaan

… die openbaring aan een wat die woorde van God hoor, wat sien wat die Almagtige hom laat sien, wat in gebed neerval, en sy oë word geopen (24:4).

GESELSVRAAG: Hoe kan ons God se werk raaksien?

“Dat hoor en sien vergaan,” beskryf gewoonlik ’n erg raserige plek. Dit het al gebeur dat my vrou uit ’n byeenkoms vlug as die lof- en aanbiddinggroep se luidsprekerstelsel uitermate hard gedraai is. Baie jongmense se gehoor word permanent beskadig deur die harde musiek waarna hulle luister. (In die ou dae is jou doofheid aan die knal van jou geweer gewyt.)

Hoewel Bileam nie ’n Israeliet was nie, het hy die gawe gehad om na die stem van die Here te luister. Wanneer hy bid, word sy oë geopen, sê hy in vandag se kernvers. Daarom seën hy Israel nou sommer uit sy eie. Hy het nie nodig gehad om nog offers te bring of te bid nie. God se wil was vir hom glashelder en duidelik.

Hoe sou ons nie wens om daardie gawe te kon hê nie. Ons soek so dikwels God se leiding, maar kry nie duidelike antwoorde nie. Bileam se gawe het hom nie veel gehelp nie. Uiteindelik sou die mense aan hom dink as die verleier, nie die bidder nie. Hy kon so maklik ’n goeie reputasie nagelaat het, maar hy het dit weggegooi. Kan dit wees dat ons ook reg begin, maar verkeerd eindig? Ons kan nie ons verlede verander nie, maar ons toekoms wel.

GEBED: Here, help my om vandag na die leiding van die Heilige Gees te luister en daaraan gehoorsaam te wees.

Lees vanaand in Numeri 24:10-14 hoe Balak se planne in sy gesig ontplof het.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх