Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 48

DINSDAG 9 FEBRUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 20:22-29

Opvolging

Die tyd het gekom dat Aäron moet sterf (20:24).

GESELSVRAAG: Wil jy vooraf weet wanneer jy gaan sterf? Verduidelik.

“Jy moet ’n plan maak met daardie hoop ou ysters onder die stoep en die hoop planke en balke in die motorhuis. Wat gaan ek eendag daarmee doen as jy iets moet oorkom?” vra Wena. Ek probeer verduidelik dat dit die kinders se probleem is. Met al vyf kinders wat nou oorsee werk, is die kanse maar gering dat hulle sal kan help. Ai, dis moeilik om vir jou eie afsterwe te beplan! Veral as jy nog so goed voel.

Aäron het die nuus gekry dat hy aan die einde van sy pad gekom het. Hy moes saam met Moses teen Horberg uitklim. Daar moes Moses Aäron se klere vir dié se seun Eleasar aantrek. Daarna sou Aäron sterf. (Van die koue?) So het dit gebeur dat die hoëpriesterskap aan Eleasar oorgegee is. Die werk sou voortduur totdat Jesus op die toneel verskyn. Die brief aan die Hebreërs verduidelik dat Jesus se hoëpriesterskap nie oordraagbaar is nie: “Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý ’n priesterskap wat nie op ’n ander oorgedra word nie” (Heb 7:23-24). Jesus leef vir altyd om vir ons in te tree.

Ons ander moet maar self vir ons oorgang voorberei. Elkeen moet seker maak dat sy testament in orde is en dat die naasbestaandes weet waar of by wie dit is. Anders sal hulle groot probleme ondervind. Selfs ’n eenvoudige testament het baie wetlike implikasies.

GEBED: Here, dankie dat my laaste oorgang veilig in u hande is.

Lees vanaand in Numeri 21:1-3 hoe die Here ’n oortuigende oorwinning aan Israel gegee het.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх