Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 49

WOENSDAG 10 FEBRUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 21:4-9

Aswoensdag

Simbool van verlossing

Maak ’n beeld van ’n giftige slang en sit dit op ’n paal. Elkeen wat gepik is en daarna opkyk, sal lewe (21:8).

GESELSVRAAG: Aan wie laat die slang op die paal jou dink?

“Baie kerke vier vandag Aswoensdag. Dit is die begin van die 40 dae vastyd voor Goeie Vrydag. Eintlik is dit 46 dae voor Goeie Vrydag, want die Sondae tel nie vir die vastyd (Lent) nie,” verduidelik die skooljuffrou aan die leerders. Dit is tradisioneel ’n dag van sondebelydenis, selfondersoek en selfverloëning. Die priesters merk elke gelowige met ’n kruis van as op die voorkop.

Dit pas dus mooi by vandag se Skriflesing. Die volk het al weer gekla oor die kos. Die Here het hierdie keer nie ander kos voorsien nie, maar giftige slange tussen die mense ingestuur. Toe hulle hul sonde voor die Here en Moses bely, het die Here vir Moses gesê wat hy kon doen om die probleem op te los (vgl. v. 7-8). Hy het ’n koperslang gemaak en elkeen wat daarna kyk, het gesond geword. Moses se koperslang is later as ’n afgod vereer en moes vernietig word (vgl. 2 Kon 18:4).

Die eintlike boodskap van die slang is eers eeue later deur Jesus aan Nikodemus verduidelik: “Moses het die slang in die woestyn hoog op ’n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê” (Joh 3:14-15).

GEBED: Here Jesus, dankie dat U gewillig was om ter wille van my sondes aan ’n kruis gespyker te word. Vergewe my al my sondes.

Lees vanaand in Numeri 21:10-20 hoe die Israeliete al nader na die beloofde land getrek het.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх