Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 24

week 6 . dag 1

Оглавление

Maxima cum laude

Deur die eeue heen het ’n behoefte onder die mensdom ontstaan om menslike prestasie te meet en te vereer. In 1879 het Harvard-universiteit die skaal geskep waarbinne prestasies met die Latynse frases cum laude en summa cum laude geklassifiseer kon word. In 1880 is die kategorie magna cum laude bygevoeg en kort daarna ook egregia cum laude en die maxima cum laude (wat selde behaal word). Hierdie skaal word steeds op verskillende wyses oor die wêreld heen gebruik.

Wat God doen, is groot en magtig. Wanneer Hy begin werk, is sy prestasies ver bó maxima cum laude. Luister maar na hierdie prestasies:

•Dag een: God skei lig en donker van mekaar.

•Dag twee: God skei die waters van die hemel van die water op aarde.

•Dag drie: God skep verskillende plante en vrugtebome wat met hul saad self kan vermeerder.

•Dag vier: God skep die son, maan en sterre sodat dag en nag onderskei kan word.

•Dag vyf: God skep die visse van die see en die voëls in die lug.

•Dag ses: God skep al die diere op die aarde. Dan kom Hy by die kroon van sy skepping, die mens. Die enigste wese wat God na sy beeld geskape het om oor die skepping te heers.

•Dag sewe: God rus. Die skepping was voltooi.

In Genesis 1:31 vind ons God se reaksie op sy skepping: “Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed.” Wanneer God skep, is dit nie net beter as maxima cum laude nie, dit is perfek!

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх