Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 40

week 10 . dag 1

Оглавление

Emmanuel

(God met ons)

Pas ná die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog het soldate op ’n muur in ’n vervalle huis hierdie woorde onder ’n getekende Dawidster gevind:

Ek glo in die son

al kom dit laat op.

Ek glo in liefde

al is dit afwesig;

Ek glo in God

al bly Hy stil.

Voel jy vandag alleen en asof God nie by jou is nie? Onthou, Hy is EMMANUEL – God met ons.

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх