Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 27

week 6 . dag 4

Оглавление

Teksverse en vrae

Teksverse vir die week

•Genesis 1:31: “Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed.”

•Genesis 1:28: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

•Psalm 24:1-2: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here.”

•Job 38:4-11: “Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het. Wie het die aarde afgemeet? Wie het hom aanmekaargesit daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemelinge gejubel het? Ek het hom met wolke bedek, hom met donkerte toegemaak. Ek het vir hom perke gestel, hom agter slot en grendel gesit. Ek het gesê: ‘Tot hiertoe mag jy kom, nie verder nie; hier is die grens van jou magtige golwe.’ ”

Vrae om oor na te dink

1.Wat God doen, is ver beter as maxima cum laude. Dit is perfek. Wat beteken dit vir jou?

2.Lees weer Genesis 1:28. Wat beteken dit om oor die skepping te heers? Hoe kan jy dit daagliks prakties doen?

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх