Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 35

week 8 . dag 4

Оглавление

Teksverse en vrae

Teksverse vir die week

•Jesaja 44:22: “Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos.”

•Psalm 62:2-3: “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting sodat ek vas en stewig staan.”

Vrae om oor na te dink

1.God bring die DEURBRAAK (Baäl-Perasim) in elke situasie. Wat beteken dit vir jou?

2.Lees weer Psalm 62:2-3. Het jy al soos Shanerie nodig gehad om in God te berus?

3.Lees weer Jesaja 44:22. Is daar iets wat jy soos Pieter in die donker hou wat verhoed dat jy voluit kan leef? Is dit nie ook vir jou tyd om iets daaraan te doen nie?

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх