Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 36

week 9 . dag 1

Оглавление

Eienaar

God is die skepper en EIENAAR van die heelal. Uit genade en liefde het Hy besluit om ons as dagloners, arbeiders, slawe, huurlinge en/of vreemdelinge op sy aarde te skep sodat ons iets van sy grootheid kan beleef.

Het God werklik die aarde geskep?

•Genesis 1:1: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”

•Kolossense 1:16: “God het deur Hom (Jesus) alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.”

Behoort die heelal werklik aan God?

•Deuteronomium 10:14: “Die hemel, selfs die hoogste hemel, behoort aan die Here jou God, ook die aarde en alles daarop.”

•Psalm 24:1: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here …”

Hoekom is ons hier op aarde?

•1 Korintiërs 10:31: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”

Ons is as God se verteenwoordigers op aarde geskep sodat ons na sy skepping kan omsien. Ons doel is om Hom te eer en te dien soos ons daagliks meer van sy grootheid rondom ons beleef. Is jy ’n goeie verteenwoordiger vir Hom? Dra jy al jou besittings (en ook jou geliefdes) aan Hom, die EIENAAR van alles, op?

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх