Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 25

week 6 . dag 2

Оглавление

God skep beter as maxima cum laude

Wanneer laas het jy ’n oomblik stilgesit en God se skepping aanskou? Wanneer laas het jy Hom vir die lewe op aarde gedank? Hier is vyf interessante en snaakse feite van mense, diere en plante om die grootheid van God se skepping te vier:

Mense

•’n Volwasse mens het 206 bene in sy liggaam. As baba het ons egter 300 bene. Soos ons ouer word, groei van die bene aan mekaar vas.

•’n Gemiddelde mens lag 13 keer per dag.

•Ons breinselle leef die langste in ons liggame – soms selfs vir ’n hele leeftyd.

•Die tong is die sterkste spier in die liggaam.

•’n Mens se ore en neus hou nooit op groei nie.

Landdiere en insekte

•Die blouwalvis se geluid van 188 desibels kan tot 853 kilometer ver gehoor word.

•’n Kat het 32 spiere in elke oor.

•’n Muskiet het 47 tande.

•Geen twee sebras se strepe is presies dieselfde nie.

•Die rede waarom heuning so maklik verteer, is omdat dit reeds een maal deur die by verteer is.

Waterdiere

•’n Goudvis kan tot twintig jaar oud word.

•’n Seekat se pupil is driehoekig.

•Groter haaie kan tot 100 jaar oud word.

•Krokodille sluk klippe in sodat hulle dieper in die water kan afduik.

•’n Kreef het blou bloed.

Voëls

•’n Volstruis se oog is groter as sy brein.

•’n Voël se hart klop 400 keer per minuut wanneer dit rus en 1 000 keer per minuut wanneer dit vlieg.

•Voëls het meestal drie ooglede om hul oë te beskerm en skoon te hou.

•’n Haan kan nie kraai as hy nie sy nek kan uitrek nie.

Plante

•’n Komkommer bestaan uit 96% water en ’n rou appel uit 84% water.

•Amandels is die oudste en bekendste neute ter wêreld.

•Dit neem die koffieplant vyf jaar voordat dit vir die eerste keer vrugte dra.

•Bome verlaag die omgewing se temperatuur deur die water wat uit die blare verdamp.

Nadat God die mens op die sesde dag geskape het, het Hy ons ’n opdrag gegee: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Sien jy om na die skepping met die wete dat dit aan God behoort?

Wanneer God skep, is dit ver beter as maxima cum laude, dit is perfek!

Vader God, baie dankie vir u perfekte skepping waarin ons kan woon. Help my asseblief om daagliks my oë oop te hou vir geleenthede waar ek beter na u skepping kan omsien. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх