Читать книгу Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit - Страница 33

Gebed

Оглавление

Ons harte hunker om tot rus te kom in U

– só bely ons saam met die kerk van die eeue, Here.

Al ons verstommende ontdekkings,

al ons verbeeldingryke skeppings,

al ons voortdurende soeke

– dit groei alles uit ons onrustige verlange na U.

Al ons nuuskierigheid, al ons leergierigheid,

al ons inspanning, al ons besorgdheid

– dit kom uit ons rustelose hunkering na U

en na die ware lewe,

uit die verlange om onsself te vind, en mekaar.

Leer ons daarom bid, o Heer.

Skenk aan ons die genade om te mag bid,

om te kan bid,

om te kan stil wees, te kan wag, te kan hoor,

te kan nadink, te kan aanvoel, te kan stamel,

te kan bely, te kan pleit,

te kan slaap, drome te kan droom.

Skenk aan ons die genade om te kan dankie sê en loof,

met én sonder woorde, met én sonder dade.

Leer ons bid, o Heer.

Amen.

Stukkies van die hemel op aarde

Подняться наверх