Читать книгу Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit - Страница 34
Maart
ОглавлениеNagedink oor moraliteit,
oor spieëls
– en oor God se aangesig.
______________________
Die 16de eeuse Hervormer Johannes Calvyn begin sy Institusie,
’n handboek wat lidmate help om die Bybel te lees,
deur te sê dat Godskennis en selfkennis hand aan hand gaan.
Ons sal onsself nooit waarlik leer ken as ons God nie ken nie, sê hy.
Maar as ons God ken, sal ons ook onsself leer ken.
Want in die Christelike Godskennis gaan dit om óns.
Geloof, so skryf Calvyn, is om “na te dink oor die gesig van God”.
Geloof is om in Jesus Christus
na die liefdevolle, barmhartige gesig van God te kyk,
en om die res van ons lewe daaroor te peins
en ons daaroor te verwonder, oor dié heerlikheid.
En terwyl ons só nadink oor die gesig van God,
dink ons eintlik ook na oor onsself; leer ons onsself ken.
In dié spieël, in dié gesig, sien ons die heerlikheid van Jesus
én tegelyk onsself;
ons sien wie ons in der waarheid is, naamlik –
hoe onbegryplik ook al –
voorwerpe van God se ewige liefde.