Читать книгу 100 dae van dankbaarheid - Francine Prins - Страница 14

Geliefdes

Оглавление

Dankbaarheid het ’n groot invloed op ons verhoudings, juis ook daardie naby-verhoudings soos dié tussen geliefdes in ’n huwelik of ’n gesin.

Dr Robert Emmons, ’n Amerikaanse sielkundige en navorser, het ’n studie gedoen oor hoe dankbaarheid verhoudings beïnvloed. Hy het ’n aantal mense gevra om daagliks oor dinge te skryf waarvoor hulle dankbaar is. Een groep moes bloot ’n lysie maak van die dinge waaroor hulle dankbaar is, en ’n tweede groep moes hulle dankbaarheid vollediger beskryf. Hulle moes dus ’n soort “dankbaarheidsjoernaal” hou.

Emmons het bevind dat laasgenoemde groep met groter waardering teenoor ander opgetree het as dié wat slegs ’n lysie gemaak het. Hulle het boonop verder uitgereik deur onder meer emosionele ondersteuning aan ander mense te bied. Daar is dus ’n begeerte in hulle gewek om ander te help.

In die verloop van die navorsingsprojek het vriende en familie van diegene wat ’n dankbaarheidsjoernaal gehou het opvallende ver­an­de­rings opgemerk. Onder meer het die joernaalskrywers se onderskeie huwe­liks­maats ervaar dat hul wederhelf gelukkiger is, positiewer oor die lewe voel.

In ’n ander, onverwante waarneming is vasgestel dat ’n huwelik kan floreer wanneer daar minstens vyf positiewe gebare vir elke negatiewe een voorkom. Voorbeelde van eersgenoemde sluit ’n glimlag, ’n kompliment, lag, waarderende gebare of woorde in. Negatiewe gebare is dinge soos kla, ’n frons, woede en ’n afjak.

Dankbaarheid help jou dus om ’n positiewe ingesteldheid teenoor jou geliefdes te hê, en dít maak jou verhoudings gelukkiger.

Here, dankie vir die geliefdes wat U in my lewe geplaas het.

100 dae van dankbaarheid

Подняться наверх