Читать книгу 100 dae van dankbaarheid - Francine Prins - Страница 3

Om dankbaar te leef

Оглавление

Om dankbaar te leef, is ’n Goddelike opdrag. En soos by die meeste van God se opdragte lê daar ’n diep en ryk seën in die uitvoer daarvan.

Hierdie klompie dagstukke gaan jou hopelik help om raak te sien watter groot seën daar saam met dank­baarheid kom. My gebed is dat dit jou sal aan­moe­dig om dankbaarheid as ’n Goddelike opdrag uit te leef, en om dan te beleef hoe dit vir jou tot ’n seën word.

Jy sal agterkom dat om gedurig dankbaar te leef nie ’n onmoontlike opdrag is nie. Dit vra wel ’n bietjie oefening, en ’n bepaalde ingesteldheid. Maar dit hou ’n buitengewone groot beloning in: vrede en ge­luk, liefde en vryheid, blydskap, vergenoegdheid. Én daar­die wete dat jy jou reg in die middel van God se wil bevind.

Dis waarlik ’n seën om só te leef!

100 dae van dankbaarheid

Подняться наверх