Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 11
Jorsies
ОглавлениеIets om die kinders mee besig te hou.
Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute
Genoeg vir 6 mense
12 sosastiestokkies
12 Weense worsies
600 ml bruismeel
5 ml (1 t) sout
1 eier, geklits
15 ml (1 e) kookolie
400 ml water
kookolie vir diepbraai
Steek die sosatiestokkies in die lengte deur die worsies. Sif die meel en sout saam, en maak ’n holte in die middel daarvan. Voeg die eier, olie en water geleidelik by. Meng deeglik en voorkom dat daar klonte vorm. Verhit die olie in ’n swaarboompot. Bedek die worsies met die deeg en braai dit in die olie tot goudbruin. Dreineer op papierhanddoek en sit voor met tamatiesous.