Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 19
Soutigheidjies
Оглавление•Verskeidenheid beskuitjies: Die kuns is om die beskuitjies so in te pak dat dit nie net ’n klomp krummels is wanneer jy later die pakkie oopmaak nie. Sorg maar dat dit nie saam met die blikkieskos in die kratte beland nie.
•Verskeidenheid kase: Die kaas moet verkieslik in ’n yskas, en nie in die vrieskas nie, gehou word.
•Olywe: Swart- of groenolywe in plastieksakkies of blikkies.
•Patee: Patee in blikkies, tensy daar in die yskas plek is vir die sagte smere wat mens in plastiekomhulsels kry.
•En dan natuurlik biltong en droëwors. Dis nou as die kinders dit nie opeet voor jy by die kamp aankom nie. En sorg maar dat jy ’n ekstra paar biere inpak. Biltong maak mens nogal dors.