Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 9

Uitsmijter

Оглавление

Hierdie Hollandse spesialiteit is ’n gawe plaasvervanger vir spek en eiers.

Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute

Genoeg vir 6 mense

botter

6 eiers

6 skywe kaas

6 snye roosterbrood, gebotter

6 skywe ham

mosterd

tamatieskywe

gedroogde pietersielie

Smelt botter in ’n pan en bak die eiers daarin. Sit ’n skyf kaas op die geel van elke eier. Plaas ’n skyf ham op elke sny gebotterde roosterbrood en smeer dit met mosterd. Plaas die eiers met kaas bo-op, en garneer met tamatieskywe en pietersielie.

Voetspore 2

Подняться наверх