Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 17
Keniaanse vermicelli-brood
ОглавлениеDis iets anders, maar probeer dit gerus.
Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute
Genoeg vir 6 mense
500 g vermicelli
1 liter (4 k) onversoete klappermelk
125 g suiker
5 ml (1 t) gemmer
1 eier
125 g koekmeel
10 ml (2 t) botter
Kook die vermicelli in water tot al dente. In ’n ander pot, verhit die klappermelk en suiker ongeveer 5 minute oor matige hitte. Voeg die gaar vermicelli en gemmer daarby. Klits die eier in ’n klein bakkie, voeg 10 ml (2 t) van die warm klappermelk daarby en roer dit dan by die res van die klappermelk in (dit voorkom dat die mengsel skif). Meng die meel nou by en gooi die deeg in ’n gietysterpot wat met botter gesmeer is. Sit die deksel op, plaas op ’n matige vuur, met kole op die deksel, en bak soos ’n potbrood ongeveer 1 uur lank.