Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 22

Hoenderborsies in bierbeslag

Оглавление

Dis nou as jy nie so dors is om die bier self te drink nie!

Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute

Genoeg vir 6 mense

500 g ontbeende hoenderborsies

2 eiers

5 ml (1 t) sout

400 g meel

200 ml (4/5 k) bier

5 ml (1 t) bakpoeier

750 ml (3 k) kookolie

Sny die hoender in 1 cm-repies. Klits die eiers, sout, 250 ml (1 k) van die meel, bier en bakpoeier saam. Verhit die kookolie. Gooi die oorblywende meel in ’n plastieksakkie, voeg die hoenderrepies by en skud goed tot alles bedek is. Doop die vleisstukkies dan in die bierbeslag en diepbraai dit in klein hoeveelhede in die verhitte kookolie tot goudbruin. Sit dadelik voor.

Voetspore 2

Подняться наверх