Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 16
Eiers in pão
ОглавлениеHierdie een is vir die Mosambiekers.
Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute
Genoeg vir 6 mense
6 Mosambiekse broodrolletjies (pão)
250 ml (1 k) gekapte tamaties
50 ml (1/5 k) gekapte sprietuie
3 brandrissies, gekap
25 ml (5 t) olie
8 eiers
100 ml (2/5 k) room
sout en peper
75 ml (5 e) botter
250 ml (1 k) gerasperde kaas
Sny die een kant van die broodrolletjies af en hol uit. Braai die tamaties, uie en brandrissies in olie tot sag; hou eenkant. Klits die eiers en room saam, geur met sout en peper na smaak, en maak soos roereier in ’n bottergesmeerde pan gaar. Skep eers die tamatiemengsel, daarna die roereier en dan die kaas in die uitgeholde broodrolletjies.