Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 14

Geposjeerde eiers

Оглавление

’n Eiergereg vir ontbyt, of ’n ligte middagete.

Voorbereidingstyd 20 minute • Gaarmaaktyd 20 minute

Genoeg vir 6 mense

25 g botter of margarien

1 ui, fyngekap

100 g hoenderlewers, skoongemaak en in stukkies gesny

koekmeel

300 ml tamatiesap

300 ml droë witwyn

2 ml (1/2 t) elk gedroogde roosmaryn,

basiliekruid en tiemie

10 swartolywe, ontpit en gekap

sout en peper na smaak

6 eiers

6 snye roosterbrood

hoenderlewerpatee

Smelt die botter in ’n pan en braai die ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewers by en braai net totdat die kleur verander. Besprinkel liggies met koekmeel. Braai nog 5 minute. Giet die tamatiesap by, roer deeglik en voeg dan die wyn, kruie, olywe en sout en peper by. Sodra die mengsel begin borrel, breek die 6 eiers daarin oop en wag totdat dit gestol het. Smeer die roosterbrood met hoenderlewerpatee, skep ’n eier op elke sny en gooi die pansous bo-oor.

Voetspore 2

Подняться наверх