Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 21

Hoendervlerkies

Оглавление

Hoe langer die vlerkies gemarineer word, hoe beter.

Voorbereidingstyd 15 minute • Marineertyd 30 minute

Gaarmaaktyd 15 minute • Genoeg vir 6 mense

12–15 hoendervlerkies

meel

olie om in te braai

Marinade

30 ml (2 e) olyfolie

10 ml (2 t) fyngekapte knoffel

15 ml (1 e) worcestersous

15 ml (1 e) tamatiesous

5 ml (1 t) suiker

sout na smaak

10 ml (2 t) Engelse mosterdpoeier

15 ml (1 e) gekonsentreerde suurlemoensap

Sny die “naels” van die vlerkies af en maak ’n paar dwarssnitte met ’n skerp mes in die vleiskant daarvan.

Marinade: Meng die olyfolie, knoffel, worcestersous, tamatiesous, suiker, sout, mosterd en suurlemoensap. Gooi alles in ’n plastieksak of -houer, sit die vlerkies daarin en draai dit van tyd tot tyd om sodat die hoender alkant met die marinade bedek word.

Haal die vlerkies uit die marinade, rol in meel en braai in olie totdat dit mooi bruin is.

Voetspore 2

Подняться наверх