Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 12

Franse roosterbrood

Оглавление

Dis menige kind se gunsteling.

Voorbereidingstyd 15 minute • Gaarmaaktyd 20 minute

Genoeg vir 6 mense

6 eiers

2 ml (1/2 t) sout

6 snye brood

20 ml (4 t) botter

16 repies spek

esdoringstroop (maple syrup)

Klits die eiers en sout saam. Week die snye brood daarin totdat dit behoorlik deur die eiermengsel geabsorbeer is. Verhit die botter in ’n pan en braai die brood daarin totdat dit ’n goudbruin kleur aan beide kante het.

Braai die repies spek in ’n aparte pan.

Sit die roosterbrood voor met die spek en esdoringstroop daaroor.

Voetspore 2

Подняться наверх