Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 20
Spekrolletjies
ОглавлениеDraai spekvleisrepe om ’n verskeidenheid happies en peusel daaraan voor ete.
Voorbereidingstyd 20 minute • Gaarmaaktyd 10 minute
spekvleisrepe
vars gemaalde swartpeper
Vulsels
Russiese, Weense of Frankfurtse worsies, in skyfies van 1 cm dik gesny
hoenderlewers, skoongemaak en liggies gebraai
pruime (gedroog of vars)
perskes (gedroog of vars), in stukkies gesny
appelkose (gedroog of vars), in stukkies gesny
pynappel, geskil en in stukkies gesny
Draai die spekvleisrepe om enige van die vulselbestanddele, steek dit met snoepstokkies vas en braai die rolletjies stadig op ’n fyn rooster sodat dit nie deurval in die kole nie. Sprinkel ’n bietjie vars gemaalde swartpeper oor.