Читать книгу Voetspore 2 - Johan Badenhorst - Страница 15
Aartappelkoekies
ОглавлениеDis altyd lekker saam met eiers en spek vir ontbyt en onses insiens waarskynlik die enigste noemenswaardige gereg in die Amerikaanse kookkuns.
Voorbereidingstyd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute
Genoeg vir 6 mense
3 aartappels, geskil en gerasper
1 ui, geskil en gerasper, of sprietuie, gekap
1 eier
15 ml (1 e) parmesaankaas
sout
50 ml (1/5 k) kookolie
Meng die gerasperde aartappels en uie. Klits die eier en meng dit saam met die kaas by die aartappelmengsel in. Geur met sout na smaak. Skep groot lepels vol daarvan in ’n pan met verhitte olie en vlakbraai die koekies aan albei kante tot ligbruin.