Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 47

10 Februarie

Оглавление

Besluit saam oor geld

Prediker 5:9 – Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie … Ook hier kom dit tot niks.

Dis ’n winderige seedag en ons besluit om ’n draai in Oos-Londen te maak voor ons ons oudste laatmiddag by die lughawe moet oplaai. Hy gaan ’n paar dae saam met ons hier deurbing. Oos-Londen is ongeveer ’n uur se ry van die strandhuis. Ons hou heel eerste stil vir ’n wegneemkoffie by die promenade reg op die see.

Sonder om mooi te dink, het ons Tinder ons bruin labrador saamgebring. Sy sit agter in die oop bak van die motor. Ons besluit om gou by ons gunsteling-oudhedewinkel ’n draai te gaan maak.

“Maar wat maak ons met die hond?” vra Johan toe ons daar stilhou. Dié winkel word jare reeds in ’n ou huis in een van die ouer dele van die stad gehuisves en is veral bekend vir die pragtige meubels wat hulle van ou herwerkte vloerplanke vervaardig. Ons is gereelde besoekers.

“Gaan jy maar in, ek wag solank by Tinder.” Die winkel is vol mooigoed soos altyd en ’n pragtige houtkissie in ’n agterste hoek vang my oog. Ek vra Johan om daarvoor uit te kyk toe dit sy beurt is om in te gaan. ’n Rukkie later kom die vrou wat in die winkel werk uitgeloop met ’n boodskap.

“Die kissie is vir jou man ook mooi, maar wat wil jy daarmee doen? vra hy.” Ek weet nie regtig nie. “Sê vir hom dis goed so, ons hoef dit nie vandag te koop nie,” antwoord ek haar met ’n hart vol vrede.

Bestuur jul geldsake saam. Neem mekaar in ag as dit kom by geld – anders kan dit tot groot konflik in die huwelik lei.

Here, leer ons om wys met ons geldsake te werk te gaan. Amen

Duet

Подняться наверх