Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 67

Tegnieke om klein babatjies se winde uit te vryf

Оглавление

Verskillende babas reageer goed op verskillende maniere van winde uitvryf, maar die volgende beproefde tegnieke slaag gewoonlik:

•Hou Baba regop oor jou skouer en klop haar liggies op die rug.

•Stap met Baba rond en skommel hom liggies om lastige lugborrels te laat ontsnap.


•Laat Baba op jou skoot sit met sy kakebeen in die hoek tussen jou wys­vinger en duim, terwyl jy sy linkerarm met jou ander vingers oplig en sy ruggie met die ander hand vryf of klop.


•Laat Baba oor jou skoot lê met haar kop hoër as haar boudjies terwyl jy haar op die rug klop.

•Hou Baba met sy rug teen jou maag en jou arm om sy maag vas, terwyl jy liggies druk uit­oefen.

•Masseer Baba se magie regs om (met die klok).

•Gebruik jou duime om die middelste derde van Baba se voetbrûe te masseer.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх