Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 83

FAKTORE WAT TOT VOORTYDIGE GEBOORTE KAN LEI

Оглавление

•Rook, dwelmmisbruik en alkoholgebruik kan die moontlikheid verhoog.

•Ernstige infeksie by die ma – veral van die urogenitale kanaal, maar ook siste­miese infeksies – kan tot voortydige kraam lei.

•’n Onbekwame serviks wat nie betyds geïdentifiseer is nie en gevolglik geheg is, kan daartoe lei dat die swangerskap skielik en te vroeg beëindig word.

•Ondervoede moeders het ’n groter kans om voortydig geboorte te skenk.

•’n Sinktekort word veral met voortydige geboorte verbind.

•’n Hormoonwanbalans kan ’n oorsaak wees, maar is in ’n mate behandelbaar.

•Veelvuldige swangerskappe eindig dikwels vroeër, waarskynlik omdat die baarmoeder onder soveel meer spanning verkeer.

•Gevare in die werkplek, soos inspannende fisieke arbeid, kan soms tot voortydige geboorte lei.

•Moeders wat aan chroniese siektes soos diabetes, hoë bloeddruk en nierpro­bleme ly, se babas word dikwels vroeg gebore.

•Bloeding tydens swangerskap word met voortydige geboorte verbind, veral in toestande soos placenta praevia, die mediese naam vir ’n laagliggende plasenta. Dit kan in wisselende grade voorkom, waarvan die ergste vorm is wanneer die plasenta die serviks bedek. Dit lei tot bloeding in swangerskap, veral namate die baarmoeder rek om die groeiende baba te akkommodeer.

•Oormatige spanning in jou verhoudings of daaglikse lewe, veral indien dit langdurig voortduur, kan tot voortydige kraam lei.

•Baie jong vroue (tieners) en vroue oor 35 is meer geneig tot voortydige kraam – albei hierdie groepe het spesiale aandag nodig van hul sorggewers.

•Indien dit nie behandel word nie, kan afwykings van die uterus kraam laat begin.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх