Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 76

BORSVOEDING VAN MEERLINGE

Оглавление

Dit is heeltemal moontlik om ’n tweeling uitsluitlik te borsvoed, maar dit sal on­ver­mydelik meer tyd in beslag neem as om ’n enkelbaba te voed. As jy daarop voorbereid is en jou program drasties inkort in die eerste paar maande kan jy baie suksesvol borsvoed. Ek stel voor dat jy soveel moontlik van die huishoudelike pligte aan iemand anders delegeer sodat jy nie soos ’n werkesel voel nie! Soos met enkelbabas sal borsvoeding ná vier of vyf maande minder tydrowend raak. Meer­linge het dikwels ’n laer geboortegewig en allerlei gesondheidsprobleme en sal dus aansienlik baat vind by borsmelk, daarom wil ek jou regtig aanraai om jou uiterste bes te doen.

Drielinge en meer is heel verstaanbaar baie moeiliker om te borsvoed. Jou liggaam sou teoreties in staat wees om genoeg melk te produseer, maar prakties kan dit in ’n logistieke nagmerrie ontaard. Een moontlikheid is om te roteer sodat elke baba elke derde voeding borsmelk kry. Dit is nie so maklik nie, aangesien hulle al hoe meer aan die bottel gewoond sal raak, maar dit kan jou kinders beslis minstens vir ’n tydjie die voordele van borsmelk bied.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх