Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 80

DIE AARD VAN VOORTYDIGE GEBOORTE

Оглавление

Uit ’n mediese oogpunt word sowel die geboortegewig van die baba as die duur van die swangerskap in ag geneem wanneer die aard van voortydige geboorte beoordeel word. Die wesenlike faktor vir die meeste ouers is die skok dat die kraamproses soveel vroeër as verwag begin, en daarmee saam die onmiddellike vrees vir die baba se veiligheid en normaliteit. ’n Mens kan jou op geen manier behoorlik hierop voorberei nie. Hoewel sommige vroeggebore babas baie min spesiale aandag nodig het, moet jy voorbereid wees op die moontlikheid dat jou pasgebore baba miskien intensiewe mediese sorg sal moet kry.

Baie vroeggebore babas is nogal ’n skokkende gesig vir hul ouers. Dit sal dalk vir jou voel asof jy dwarsdeur jou baba se persrooi, plooierige velletjie kan sien – hy sal trouens ook nog heeltemal verrimpeld wees.

Die meeste ouers van voltermynbabas staan verstom omdat hulle so klein is; stel jou dus voor wat alles deur die ouers van ’n vroeggebore baba wat ’n skrale 1–2 kg weeg se gedagtes moet flits! Aan die een kant is jy bang om dié klein flentertjie mens te hanteer, en aan die ander kant het jy ’n intense behoefte om ook jou baba vas te hou en te vertroetel, hom te bad en te voed soos al die ander ma’s in die saal. Hierdie teenstrydige emosies plaas ’n verdere las op die ouers van vroeggebore babas.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх