Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 65

BABA MET ’N SPASMA

Оглавление

Dit is waarskynlik die letterlikste vorm van koliek aangesien die leë, gespierde kolon in ’n pynlike spasma verkeer. Die simptome kom tipies op dieselfde tyd elke dag voor. Baba hik gewoonlik baie, selfs terwyl hy nog in die baarmoeder is. Wanneer hy melk opbring, is dit gewoonlik kragtig, en sy stoelgange ontplof in sy doek.

Beproef hierdie wenke:

•As Baba in die baarmoeder hik, gebruik die weefselsout Mag. phos. as aanvulling – laat 2 tablette 3 maal per dag op jou tong oplos.

•Maak 1 Mag. phos.-tablet fyn, los dit op en gee dit vir Baba voor elke voeding.

•Vryf Baba se winde uit in die posisie wat in die skets gedemonstreer word: laat Baba op jou been sit, balanseer sy ken in die hoek tussen jou regterwysvinger en -duim met die nek effens vorentoe, lig sy linkerarm met jou regter- middelvinger op, laat leun hom effens vooroor met ’n reguit rug en vryf die ruggie met ’n opwaartse beweging.

•Gaan stap elke dag wanneer die moeilike tyd aanbreek – of beter nog, stuur iemand anders saam met Baba!

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх