Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 55

Wenwenke vir emosionele welsyn in die eerste maande

Оглавление

•Leef net vir die oomblik. Moenie waardevolle energie verspil deur te wonder hoe en wanneer hierdie fase gaan eindig en hoe op aarde jy dit gaan oorleef nie. Dit sal verbygaan. Leer by die diereryk: doen net wat jy werklik moet doen, moenie jou program oorlaai nie, moenie jouself verkwalik oor wat jy nie op hierdie oomblik kan verander nie, en jy sal ’n diep, verrykende kalmte ervaar.

•Omring jouself van ondersteunende mense. Dit mag moontlik beteken dat jy ander vriende moet maak, nuwe mediese hulpgewers moet kry en familielede onder vier oë moet spreek, maar dit is onontbeerlik om mense om jou te hê wat jou benadering tot ouerskap bevestig, hulp aanbied wanneer dit nodig is en weet hoe om nuttige raad te gee wat nie na kritiek klink nie. Daar is nie net een regte manier om kinders groot te maak nie, en jy vaar uitstekend as jou baba gesond en gelukkig is, na behore ontwikkel en jy voel dat jy elke dag heel maklik oorleef. Alles sal regkom, solank jou lewe deur positiewe gevoelens en ’n mate van konsekwentheid gekenmerk word.

•Jy sal dalk nie altyd van al jou baba se eienskappe hou nie. Dit beteken nie noodwendig dat julle ’n ongelukkige gesin gaan wees nie en dit maak jou ook nie minder lief vir jou kind nie.

Onthou:

•Jy kan nie ’n baba bederf met te veel liefde nie.


•Daar is nie net een regte manier om kinders groot te maak nie.

•Jy bestuur ’n kind, nie ’n projek nie – doeltreffendheid is nie die belangrikste aspek nie.

•Bou jou roetine rondom jou baba se fisieke en emosionele patrone.

•Die vermoë om te ontspan oor die lewe is nou net so belangrik soos tydens jou swangerskap en die kraamproses.

•Daar gaan donker dae wees, maar die son sal altyd weer skyn.

•Bespaar jou energie as dinge woes gaan deur bloot van uur tot uur te leef.

•Aanvaar alle aanbiedinge van hulp.

•Babas is baie taaier as wat ’n mens dink.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх