Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 63

HUILENDE-BABA-KOLIEK

Оглавление

Dié baba is van die begin af oënskynlik knieserig en van stryk af, ongeduldig en moeilik om tevrede te stel. Haar gesiggie is vol pynplooie en hoe jy haar ook al probeer troos, bring niks langer as ’n paar oomblikke verligting nie. Baba se slaap­patrone is wisselvallig en rus en kalmte is maar van korte duur in dié huis­houding. Sulke babas is dikwels geneig tot taamlik loperige stoelgange en ’n suur luieruitslag. Borsbabas suig soms met moeite vas en druk hul kop weg of skud hul kop woedend heen en weer. Hulle huil baie klaerig en Ma is heel moontlik al raadop.

Beproef hierdie wenke:

•Bad saam met Baba in diep, warm water waarby laventel gevoeg is, of probeer Baba in die bad voed.

•Stap rond terwyl Baba aan die bors vassuig en gaan sit eers wanneer jy voel dat haar lyfie ontspan.

•Dra Baba dikwels in ’n buidelsak rond.

•Gee vir Baba minstens 3 maal per dag Chamomilla-tablette, opgelos of verdun in ’n bietjie water, vir ’n byna oombliklike verbetering van die simptome.

•Indien die simptome nie heeltemal verdwyn nie, gee ook daagliks 2 dosisse homeopatiese ColicCare.

•Laat Baba onder ’n boom lê waar sy die ligte beweging van die takke kan sien: beweging verlig oor die algemeen hierdie simptome.

•Ma voel maklik asof sy depressief wil raak en is baie moeg met dié soort koliek. Homeopatiese Rescue Emotion-tablette is baie nuttig.

•Reël dat jy een oggend per naweek laat slaap saam met jou maat om jou krag te gee vir die week wat voorlê.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх