Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 59

Knieserigheid, krampe en koliek

Оглавление

Koliek is een van daardie moeilik omskryfbare toestande. Dit word onderskeidelik beskou as oormatige winderigheid, maagkrampe, voedingsprobleme, ’n honger baba en óf aanhoudende gehuil óf ’n gehuil wat met voedings verband hou. Dit is een van die belangrikste redes waarom nuwe ouers hul kind na die dokter, ap­teker of kliniek neem. Mediese personeel doen gewoonlik ’n standaard-diagnose of -behandeling aan die hand: hulle sal jou uitvra, na Baba se maaggeluide luister en soms ’n X-straalondersoek laat doen, veral as hy dikwels braak. Kramp­werende middels word gewoonlik voorgeskryf en jy word huis toe gestuur met die versekering dat die toestand wel met verloop van tyd (binne drie tot vier maande) vanself sal opklaar as niks anders dan wil help nie.

In werklikheid is dit Baba se aanhoudende gehuil, oënskynlike pyn en Ma se uitgerafelde senuwees en onsekerheid wat ’n mens dwing om ’n oplossing te probeer vind – die presiese diagnose is nie so belangrik nie, behalwe dat dit help om die beproewing ’n naam te gee. Dit op sigself laat die hoop opvlam dat daar lig aan die einde van die tonnel is. In hierdie gids kyk ons na sewe verskillende soorte koliek. Jou baba se simptome mag moontlik in meer as een kategorie tuis­hoort, maar sy kan ook verskillende simptome op verskillende tye hê. Pas eenvoudig die verskillende wenke na behoefte toe.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх