Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 61

Soorte koliek BABA MET ’N SENSITIEWE SPYSVERTERINGSTELSEL

Оглавление

As ’n baba vroeggebore is (of selfs ’n week of twee voordat jy spontaan in kraam sou gegaan het, geïnduseer of met behulp van ’n keisersnee gebore is), is daar blyk­baar ’n verhoogde moontlikheid van maagprobleme soos oormatige winde­rig­heid, krampe en koliek. Die spysverteringstelsel is dalk bloot nog nie volledig ont­wikkel nie.

As een of meer familielede van nature spysverteringsprobleme ervaar (soos spastiese kolon, prikkelbaredermsindroom, hardlywigheid, ’n geneigdheid tot diarree of slegte spysvertering), het jou baba dit miskien ongelukkig getref en die toestand oorgeërf, en is die koliek die voorloper daarvan. As dit lyk of dit die geval is, beproef gerus die wenke wat vir daardie persoon help vir Baba.

Beproef hierdie wenke:

•Borsvoed verkieslik uitsluitlik, aangesien moedersmelk die maklikste verteer word.

•Brou organiese rooibostee en dien 2 maal per dag 25 ml toe vir die strelende eienskappe en om spysvertering te bevorder.

•As rooibos alleen nie help nie, voeg ’n kruisementblaar by die rooibostee en laat 10 minute lank staan voordat jy dit vir Baba gee om te drink.

•Gee 3 maal per dag vir Baba fyngemaakte homeopatiese ColicCare met ’n skoon vinger, of opgelos in 5 ml afgekoelde kookwater, aangesien dit baie help vir ’n spysverteringstelsel wat van nature swak is.

•As Baba baie suur ruik, gee 3 maal per dag 1 fyngemaakte en opgeloste Nat. phos.-weefselsouttablet – as jy borsvoed, kan jy dit drink.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх