Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 60

Die ma-baba-spanningsiklus

Оглавление

Dit is ’n welbekende feit dat koliek meer dikwels by eerste babas voorkom, wat heel moontlik toegeskryf kan word aan die verstaanbare angstigheid wat menige ma ervaar oor die hantering van haar pasgebore baba en hoe om sy behoeftes te vertolk. Hoe meer gespanne Ma of Baba raak, hoe meer word dit deur die ander party weerspieël. Dit is sinneloos om te probeer vasstel wie eerste gespanne was: konsentreer eerder daarop om die afwaartse spiraal van dié bose spannings­kring­loop te verbreek. Baba en Ma vorm vir alle praktiese doeleindes ’n eenheid. As jy dit begryp, is die stryd halfpad gewonne om ’n oplossing vir die probleem te vind.

Beproef hierdie wenke:

•Speel voortdurend musiek, veral musiek wat jou gelukkig laat voel, jou laat saamsing of jou help kalmeer.

•Gaan stap twee keer per dag met Baba: dit is uitstekende oefening vir jou en die beweging sal Baba kalmeer.

•Onderhandel met jou lewensmaat, ’n familievriend of vertroude versorger om jou elke tweede dag ’n uur lank af te los. Gaan bad, drink ’n koppie tee, slaap, lees, werk ’n bietjie in die tuin of doen enigiets wat jou opbeur.

•Gaan weekliks vir ’n refleksologie- of aromaterapiemassering.

•Steek ’n laventelkers aan wanneer jy besonder gespanne voel.

•Kikker jou huis op met vars blomme met ’n paar takkies laventel tussenin.

•Neem 3–4 maal per dag Rescue Emotion-tablette om angstigheid te verlig en jou te help om dinge te hanteer. Jy kan ook met veiligheid 2 maal per dag vir Baba 1 fyngemaakte tablet, opgelos in 5 ml afgekoelde kookwater, gee.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх