Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 50

Bababedjie of kampeerwiegie?

Оглавление

’n Bababed kan help om ’n veilige, geborge om­gewing vir jou baba te skep. ’n Kampeerwiegie kan help om Baba rustiger te laat slaap wanneer julle uitslaap. Dit kan ook in die huis rondgedra word en neem gewoonlik minder plek in be­slag. Die ideale kampeerwiegie se matrashoogte is verstelbaar sodat jy Baba snags naby jou bed kan laat slaap, byna as ’n verlengstuk van jou eie bed. ’n Kampeer­wiegie moet groot genoeg wees om ’n groeiende baba te akkommodeer aangesien jy dit waarskynlik geruime tyd lank sal gebruik, en ook om ongelukke te voor­kom as Baba dalk sou probeer uitklim. ’n Bababed moet ook ruim genoeg wees om aan dié vereistes te voldoen. ’n Ruim bababed het die voordeel dat Baba nie te gou in ’n gewone bed hoef te slaap nie – dit maak dikwels ’n einde aan die gewilligheid waarmee hy saans gaan slaap.

Baie babas slaap natuurlik op die ou end snags meer in hul ouers se bed as in hul eie. Dit is heeltemal in orde, want dit beteken gewoonlik dat die kleingoed veiliger voel en hul ouers – veral die ma – minder moeite besorg!

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх