Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 64

WAT-JY-EET-KOLIEK

Оглавление

Ma’s, dokters en klinieksusters is almal ewe geneig om in die slaggat te trap om te dink dat dieet een van die grootste oorsake van spysverteringsongemak is. Ma se dieet, Baba se melkformule en Baba se drinkwyse kan wel alles ’n rol speel, maar spanningsiklusse, Baba se persoonlikheid en misverstande oor die seine wat sy aan haar ouers probeer stuur, is baie belangriker faktore. Daar is egter wel sekere voor die hand liggende verbande tussen kos en koliek, en van hulle mag jou miskien verbaas. As jy opmerk dat Baba spysverteringsongemak ervaar elke keer dat jy ’n sekere voedselsoort eet, moet jy jou dieet aanpas en dié kos daadwerklik vermy of verminder. Moenie sommer dadelik begin uitskakel nie; eet eerder matige hoeveelhede van ’n groot verskeidenheid voedselsoorte.

Beproef hierdie wenke:

•In die baarmoeder het Baba “saamgeëet” aan alles wat jy gedurende jou swanger­skap geëet het, en as jy nou skielik al daardie voedsel onttrek, kan sy kolieksimptome vertoon. Die oplossing is dikwels om juis daardie kerrie te geniet waar­voor jy lus het of jouself te bederf met ’n ontbyt wat net uit lemoene bestaan!

•Indien ’n sekere voedselsoort of drankie simptome van ongemak by jou veroorsaak, is daar ’n goeie kans dat dieselfde met jou baba gaan gebeur.

•Tipiese gasserige kosse soos boontjies, kool en uie sal heel moontlik tot ’n pynlike, opgeblaasde gevoel lei as dit in groot hoeveelhede geëet word.

•Stimulante soos kafeïen kan Baba slapeloos en prikkelbaar maak en uiteindelik tot oormoegheid en ’n gehuil lei, wat die simptome van koliek naboots.

•Vermy ’n sogenaamde sagte dieet wat hoofsaaklik uit koring- en suiwelprodukte bestaan, aangesien dit juis heelwat krampe kan veroorsaak.

•Moet nooit melkformule met kokende water aanmaak nie. Die hitte verander die proteïenstruktuur en maak die melk moeilik verteerbaar, wat krampe ver­oorsaak – laat die water eers effens afkoel voordat jy die formule aanmaak.

•Die yster wat by melkformule gevoeg word, kan soms ongemak veroorsaak. As dit voortduur, is dit moontlik nodig om na ’n ander soort formule oor te skakel – gespesialiseerde formules gee gewoonlik die minste probleme.

•As Baba ’n gulsige drinker is of jou melk baie vinnig vloei, sal dit help om óf te stap óf te lê terwyl jy voed om te voorkom dat Baba te veel lug sluk.

•Die homeopatiese middels Rescue Digest en ColicCare help dikwels om simptome te verlig.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх