Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 62

HONGER BABA

Оглавление

As dit lyk asof Baba se ongelukkigheid en pyn altyd rondom voedingstye ’n hoog­te­punt bereik en dit net verlig word wanneer hy drink, kan dit bloot ’n geval wees dat hy honger is. Dié probleem ontstaan gewoonlik omdat mense ’n baba se natuurlike voedingspatrone verkeerd interpreteer. Die probleem begin dikwels by die kliniek, waar die ma geleer word om dop te hou hoe lank Baba aan die bors drink en om volgens ’n skedule te voed. Koliek begin dikwels eers teen ongeveer tien dae tot drie weke, en Baba is blykbaar gefrustreerd en kwaad: sy verfrommelde gesiggie word rooi, hy bal sy vuiste en trek sy bene op. Honger babas is dikwels baie winderig, boontoe en ondertoe, en hulle huil deurdringend. Dit is waarskynlik een van die soorte koliek wat die maklikste behandel kan word, mits jy bereid is om van uitgediende idees afstand te doen.

Beproef hierdie wenke:

•Vermy van Dag Een af skedulevoeding – neem eerder waar watter patroon jou baba se hongerpyne aanneem en voed na behoefte.

•Onthou dat borsbabas dikwels ’n paar voedings elke 2 uur gevoed moet word, gevolg deur ’n effens langer tussenpose.

•Borsbabas is geneig om hul maaltyd in “gange” te geniet, wat sal behels dat hulle ’n paar ruspouses tussen aktiewe drinkperiodes mag neem voordat die voeding voltooi is – gun hulle dit.

•Bottelbabas wil ook dikwels baie anders drink as wat algemeen voorgeskryf word. Een praktiese benadering is om meer bottels met kleiner hoeveelhede melkformule aan te maak en ’n tweede bottel aan te bied indien Baba nog honger lyk teen die einde van ’n voeding. Die totale hoeveelheid melk bly heel moontlik dieselfde, maar jou baba probeer vir jou die boodskap oordra dat hy verkies om in reaksie op hongerpyne te drink, eerder as volgens die horlosie.

•As jy agterkom dat jou melkvoorraad begin afneem, moet jy bloot meer rus, meer dikwels borsvoed om produksie aan te moedig en meer vloeistowwe drink (drink water of rooibostee sodra jy dors voel).

•Sulke babas reageer dikwels goed op homeopatiese middels soos ColicCare en Rescue Digest.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх