Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 49

Praktiese sake Uitset

Оглавление

Benewens ’n paar belangrike stukke toerusting, wat ongelukkig nogal duur is, het babas in die eerste jare nie veel meer nodig as liefde en aandag nie. Moet egter nie hierdie uitset afskeep nie. Hier volg ’n basiese lys van beno­digdhede:

Sagteware (kleertjies, ens.)

30 handdoekstofdoeke as jy nie weggooidoeke gebruik nie

6 frokkies van elke grootte

5 handdoekstofrekpakkies van katoen

3 truitjies of bababaadjies

5 waterdigte broekies

6 borslappe

2 mussies

4 pare babasokkies om in die winter onder handdoekstofrekpakkies aan te trek om klein voetjies warm te hou

4–5 dun babakombersies (“receiving blankets” – dié met die prentjies!)

Paslakens vir die bababed

2–3 dikker kombersies vir ekstra hitte op koue aande

Buidelsak, slingersak of dradoek (baie nuttig om Baba teen jou bors of op jou rug te “abba”)

Hardeware

Wiegie of bababed (verf moet loodvry wees)

Tafel om doeke om te ruil

Bababad

Drabedjie (“carry cot”)

’n Kampeerwiegie is nuttig, veral wanneer julle gaan kuier

Drie-in-een-stootwaentjie (sluit soms ’n drabedjie in)

Doekemmer as jy handdoekstofdoeke gebruik

Motorstoeltjie (SABS-goedgekeur, die korrekte grootte, te alle tye)

Pas gerus hierdie lys aan na behoefte.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх