Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 57

BOETIES EN SUSSIES

Оглавление

’n Nuwe baba behoort altyd ’n welkome geskenk te wees vir ’n ouer broer of suster! Betrek boeties en sussies deur hulle met take te laat help soos om ’n voetjie te was, die hare saggies te borsel of Baba se handjie vas te hou terwyl jy hom bad. Al is jy miskien haastig en wil jy Baba se badtyd so gou moontlik afhandel, sal dit jou peuter help om die baba te aanvaar as jy hom ook laat deelneem. As jou peuter ingesluit en geborge voel, sal hy gou weer met sy eie speletjies voortgaan. Sit ’n spesiale tydjie opsy vir jou ouer kind – lees byvoorbeeld vir hom terwyl jy Baba voed.

Probeer om nie te veel klem te lê op hoe “groot” die ouer kind is nie, en moenie van haar verwag om meer volwasse as haar ouderdom op te tree nie. Onthou dat die ouer kind eers onlangs sy posisie as middelpunt van sy ma se aandag moes prysgee en steeds behoefte het aan gerusstelling. Skakel pro­bleme uit deur erkenning te gee aan hierdie behoefte. ’n Mate van regressie op terreine soos toiletonderrig, voeding en die behoefte aan soog is heeltemal normaal en sal gou weer oorwaai mits jy nie te veel van ’n ophef daaroor maak nie.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх