Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 75
PRAKTIESE PLANNE
ОглавлениеDit is noodsaaklik om kort blaaskansies van jou kinders te neem om jou kragte op te bou en jou verhouding met jou lewensmaat lewendig en gesond te hou.
Konsentreer daarop om ’n betroubare ondersteuningstelsel te skep.
Dit mag beteken dat jy ’n voltydse kinderoppasster moet kry om jou te help, dat ’n ouma gereeld kom help, dat elke maat snags na een kind omsien of dat julle selfs ’n nagsuster huur om te sorg dat julle genoeg slaap kry.
Ek besef dat laasgenoemde ’n duur opsie is en dat julle dit dalk nie kan bekostig nie. Die meeste veelvuldige swangerskappe word egter reeds vroeg in die swangerskap ontdek, en jy en jou maat moet alles in jul vermoë doen om betyds vir hierdie onvermydelike uitgawe te beplan.