Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 72

Meerlinge

Оглавление

Dit is die term wat gebruik word wanneer ’n moeder meer as een baba op ’n slag in haar baarmoeder dra. Die algemeenste is tweelinge, wat ongeveer 1 maal uit elke 90–100 geboortes voorkom. Meer swart as wit vroue skenk geboorte aan tweelinge. Drielinge is taamlik seldsaam en kom 1 maal uit elke 9 000 swangerskappe voor, terwyl vierlinge, vyflinge, ensovoorts selfs meer ongewoon is. Meer­linge (buiten tweelinge) kom baie selde natuurlik voor en is dikwels die gevolg van die gebruik van vrugbaarheidsmiddels.

Dit is tegelykertyd opwindend én uitdagend om ’n meerling te verwag. Tree met die SA Multiple Birth Association in verbinding om uit te vind oor onder­steuningsgroepe en enige lektuur wat hulle beskikbaar mag hê. Hulle dra ook dikwels kennis van spesiale aanbiedings vir ouers van meerlinge. Skakel Navrae en vra vir die nommer van jou naaste tak.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх