Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 78

ROETINE, SLAAP EN MEERLINGE

Оглавление

Ek begryp werklik dat dit nie maklik is om meerlinge groot te maak nie en ek veroordeel nie die noodsaaklikheid om ’n vaste roetine vir jou babas te vestig nie, maar ek wil jou graag op die hart druk dat jy baie versigtig moet wees om nie jou kinders se gees (of jou eie!) te verwoes in jou poging om in hul uiteenlopende daaglikse behoeftes te voorsien nie. Wat jy ook al probeer doen, hulle sal elkeen volgens hul aard reageer; as jy dit sover moontlik met grasie aanvaar, sal hulle meer waarskynlik by jou behoeftes inval. Babas wat snags rusteloos is, slaap dikwels baie beter wanneer hulle naby iemand is wat hulle ken en liefhet. Dit kan ’n ouer wees (hulle slaap dolgraag saam met Ma en Pa!), maar dit kan ook dikwels ’n groot verskil maak om hulle twee-twee in ’n bedjie te laat slaap. Dit herinner hulle waarskynlik aan die tyd toe hulle ineengestrengel in die baarmoeder was!

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх