Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 73

ONTWIKKELING VAN TWEELINGE

Оглавление

Tweelinge word op een van twee maniere gevorm. Gewone tweelinge is die algemeenste, waar elke baba met sy eie plasenta en amniotiese sak ontwikkel. Twee afsonderlike eierselle van die ma word deur twee afsonderlike spermselle van die pa bevrug. Hulle is ewe oud, maar lyk nie meer na mekaar as enige ander broers of susters nie, hoewel daar dikwels ’n intiemer band tussen hulle is, waarskynlik as gevolg van hul kommunikasie in die baarmoeder en hul gedeelde babatyd.

’n Identiese tweeling word gevorm wanneer ’n reeds bevrugte eiersel in twee verdeel, om redes wat nog nie heeltemal duidelik is nie. Hierdie twee babas se genetiese materiaal is dan in die meeste opsigte identies, daarom sal hulle byna identies in voorkoms wees, hoewel hul geboortegewig mag verskil. Hulle is altyd van dieselfde geslag en het gewoonlik ook dieselfde bloedgroep. Dit is egter belangrik om te onthou dat hul persoonlikhede nie noodwendig sal ooreenstem nie.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх