Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 74

INDIVIDUELE PERSOONLIKHEDE

Оглавление

Een van die grootste laste wat jy jou kinders kan oplê, is om te aanvaar dat meerlinge almal dieselfde sal optree en reageer. Dit is te verstane uit die ouers se oogpunt, aangesien die werklading soveel groter is dat dit veel meer prakties sou wees indien jou twee, drie of meer babas net effens meer meganies wou funksioneer! Hulle het egter elkeen hul eie behoeftes, net soos enige ander kinders, of dit nou broers of susters, niggies of nefies of maatjies is. In plaas daarvan om hul individualiteit te versmoor deur van hulle te verwag om presies dieselfde aan te trek, dieselfde hoeveelheid kos op dieselfde tyd te eet, gelyktydig hul toiletsake af te handel en dieselfde slaapbehoeftes te hê, sal dit wys wees om eerder ’n ondersteuningstelsel te skep wat jou help om die werklikheid die hoof te bied.


Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх