Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 69

Koliekvraelys

Оглавление

Ken ’n punt van 1–3 vir elke vraag toe en tel die punte vir elke afdeling by­mekaar. Gebruik dan die sleutel om ’n geskikte geneesmiddel vir jou baba te kies.

•Gee 1 punt indien die vraag geensins op jou baba van toepassing is nie, net in ’n geringe mate of baie selde.

•Gee 2 punte indien Baba ongeveer die helfte van die tyd hierdie simptoom vertoon wanneer hy ongemaklik voel, of net in ’n matige graad.

•Gee 3 punte indien jou baba hierdie simptoom duidelik vertoon.


A. WOEDENDE, INTENSE KOLIEK
•Lyk jou baba gefrustreerd en is sy gesiggie in ’n frons opgefrommel?•Word jou baba se gesig donkerrooi en bal hy sy vuiste asof hy kwaad is?•Huil jou baba hard en doelgerig?•Bring jou baba baie wind op en laat hy dikwels winde?•Spoeg jou baba melk op ná voedings?•Beleef jou baba episodes van koliek, maar voel hy goed tussen aanvalle?•Lyk dit asof jou baba ernstige pyn ervaar gedurende ’n episode?’n Telling van 1–7: Hierdie baba het nie ge­nees­middels nodig nie; volg bloot die wenke in die voorafgaande afdelings.8–14: Hierdie baba het ’n ligte graad van “woedende, intense koliek”. Gee 1 fyngemaakte ColicCare-tablet 3 maal per dag.15–21: Hierdie baba het beslis “woedende, intense koliek”. Gee 1 ColicCare-tablet voor elke voeding, verdun in 5 ml af­ge­koelde kookwater. As dit nie voldoende ver­ligting bied nie, gee 3 maal per dag 1 Nat. phos.-weefselsouttablet, fyngemaak en met ’n bietjie afgekoelde kookwater gemeng, saam met die ColicCare.
B. KNIESERIGE HUILENDE-BABA-KOLIEK
•Het jou baba ’n prikkelbare, knieserige temperament en kerm hy baie?•Lyk jou baba ongeduldig en prikkelbaar wanneer hy so huil?•Het jou baba taamlike rooi wange en is een wang rooier as die ander?•Duur jou baba se huilbuie lank en kom dit enige tyd van die dag of nag voor?•Is jou baba se stoelgange redelik los en is dit geneig om sy boudjies te brand?•Lyk dit asof jou baba aanhoudende, maar laegraadse pyn of ongemak verduur?•Bring jou baba maklik winde op, maar dit bring skynbaar nie blywend verligting nie?’n Telling van 1–7: Hierdie baba het nie ge­nees­middels nodig nie; volg bloot die wenke in die voorafgaande afdelings.8–14: ’n Ligte graad van “knieserige huilende-baba-koliek”. Gee 1 fyngemaakte Chamomilla-tablet 3 maal per dag.15–21: Hierdie baba het beslis “knieserige huilende-baba-koliek”. 1 Chamomilla-tablet voor elke voe­­­­d­ing. As dit nie verlig­ting bied nie of as baba los stoelgange het, gee ColicCare 3 maal per dag, verdun in 5 ml afgekoelde kookwater, saam met die Chamomilla-tablette.
C. KRAMPAGTIGE KOLIEK
•Kry jou baba spiertrekkings in sy slaap en gedurende die dag?•Hik jou baba gereeld?•Voel jou baba se maagspiere hard gedurende ’n huilbui?•Vertoon jou baba se gehuil ’n voorspelbare patroon ná elke voeding of op ’n sekere tyd van die dag?•Ontplof jou baba se stoelgange in sy doek en is dit selfs op ’n redelike afstand hoorbaar?•Braak jou baba kragtig, veral ná voedings?•Lyk dit asof jou baba krampagtige pyn ervaar gedurende ’n aanval?’n Telling van 1–7: Hierdie baba het nie ge­neesmiddels nodig nie; volg bloot die wenke in die voorafgaande afdelings.8–14: ’n Ligte graad van “krampagtige koliek”. Gee 1 fyngemaakte Mag. phos.-tablet 3 maal per dag.15–21: Hierdie baba het beslis “krampagtige koliek”. 1 Mag. phos.-tablet voor elke voeding. As dit nie voldoende verlig­ting bied nie, gee 3 maal per dag 1 ColicCare-tablet, fyngemaak en verdun, saam met die Mag. phos.
Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх